Black Mirror

Black Mirror
Genre Wetenskapsfiksie
Geskep deur Charlie Brooker
Oorsprong Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Taal Engels
Aantal seisoene 6
Aantal episodes 27
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Charlie Brooker
  • Annabel Jones
Vervaardiger(s) Barney Reisz
Uitsending
Oorspronklike kanaal
Beeldformaat
  • High-definition television 1080i (2011–2014)
  • Ultra-high-definition television 2160p (2016–present)
Klankformaat Dolby Digital 2.0
Oorspronklike lopie 4 Desember 2011
Webskakels
Amptelike webwerf

Black Mirror is 'n Britse wetenskapsfiksie-antologiereeks vir televisie geskep deur Charlie Brooker, met Brooker en Annabel Jones as die program se regisseurs. Dit ondersoek die moderne samelewing, veral met betrekking tot die onvoorsiene gevolge van nuwe tegnologie. Die episodes is selfstandig en vind gewoonlik plaas in 'n alternatiewe hede of die nabye toekoms, dikwels met 'n donker en satiriese toon, alhoewel sommige van hulle meer eksperimenteel en ligter is.

Black Mirror was vir twee reekse op die Britse televisiekanaal Channel 4. Na sy toevoeging tot die katalogus in Desember 2014, het Netflix die program in September 2015 aangekoop. 'n Reeks van 12 episodes, later verdeel in twee ses-episode-reekse, is op 21 Oktober 2016 en 29 Desember 2017 uitgereik. 'n Vyfde reeks is op 5 Maart 2018 aangekondig.

Black Mirror is geïnspireer deur ouer antologievertonings soos The Twilight Zone, wat omstrede, kontemporêre onderwerpe hanteer het sonder vrees vir sensuur.

Die reeks het 'n positiewe ontvangs van resensente gekry.[1] Die vierde seisoen het 'n gradering van 84% op Rotten Tomatoes gekry,[2] en het baie toekennings en benoemings gekry. Dit het 'n toename in internasionale belangstelling, veral in die Verenigde State, ontketen ná sy toevoeging tot Netflix. Twee episodes, San Junipero (van die derde reeks) en USS Callister (vierde reeks), het altesaam vyf Emmys gewen.

  1. "Black Mirror: Season 1 - Rotten Tomatoes" (in Engels). Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 6 Desember 2018.
  2. "Black Mirror: Season 4 - Rotten Tomatoes" (in Engels). Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 6 Desember 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne