Blake Ellender Lively (née Brown; 25 Augustus, 1987, Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State)[1] is 'n Amerikaanse aktrise.
Lively is bekend as Serena van der Woodsen in die CW drama televisie reeks Gossip Girl (2007–2012).[2] Sy het ook in 'n aantal films, insluitend The Sisterhood of the Traveling Pants (2005), The Town (2010), Green Lantern (2011), Savages (2012), The Age of Adaline (2015) en A Simple Favor (2018) gespeel.
Sy is getroud met die akteur Ryan Reynolds sedert 2012, saam met wie sy drie kinders het.