Blesgans | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. albifrons
|
Binomiale naam | |
Anser albifrons (Scopoli, 1769)
| |
Subspesies | |
| |
Sinonieme | |
Scopoli, 1769 |
Die blesgans is 'n bruin gans wat in die Noordelike halfrond voorkom.
Beide mannetjies sowel as wyfies is bruin, met 'n kenmerkende wit kol of bles om 'n pienk snawel. Hulle lyk op die kleinblesgans, maar het nie daardie voëls se kenmerkende geel merke om hul oë nie.
Blesganse geniet 'n wye verspreiding en word in Rusland, Siberië, Alaska, Noordwes-Kanada, Groenland, Engeland, België, Nederland, Duitsland, Indië, China, Japan, Kalifornië, Texas en Meksiko aangetref.
Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit gras, bessies en insekte, maar hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Blesganse broei van November tot Januarie. Hulle bou hul nes op 'n rant of effense hoogte sodat hulle vanuit die nes 'n uitsig van die omliggende gebied het. Die wyfie lê vier tot sewe roomwit eiers wat na 27 tot 28 dae uitbroei. Die nuwelinge is self na twee jaar broeigereed.