Blood Diamond (rolprent)

Blood Diamond is 'n Amerikaanse rolprent uit 2006. Die rolprent is vir Oscar-toekennings benoem en geregisseer deur Edward Zwick. Die hoofrolle word vertolk deur Leonardo DiCaprio, Jennifer Connelly en Djimon Hounsou. Die titel verwys na bloeddiamante, dit wil sê, diamante wat in oorlogsones ontgin word en ter ondersteuning van hierdie konflikte verkoop word. Op 23 Januarie 2007 is die film genomineer vir vyf Oscar-toekennings, insluitend Beste Akteur (Leonardo DiCaprio) en Beste Ondersteunende Akteur (Djimon Hounsou).[1][2][3]

  1. Dunkley, Cathy (24 Februarie 2004). "WB leaving 'Okavango' to Leavitt". Variety. Besoek op 1 November 2014.
  2. Faye, Denis (2006). "Diamond Scribe". Writers Guild of America West. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2014. Besoek op 1 November 2014.
  3. Brodesser, Claude (28 Junie 2005). "WB polishes 'Diamond'". Variety. Besoek op 1 November 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne