Bloublasie

Bloublasie
'n Bloublasie wat op 'n strand in Australië uitgespoel het.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. utriculus
Binomiale naam
Physalia utriculus
'n Bloublasie wat in die water dryf.
Skets van die struktuur van Physalia physalis, 1807

Die Bloublasie (Physalia utriculus), ook bekend as die "(Indo-Pasifiese) Portuguese man o' war", is 'n ongewerwelde dier met giftige tentakels wat in die see voorkom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika sowel as in ander tropiese en sub-tropiese water.

P. utriculus word onderskei van die Atlantiese "Portuguese Man o' War" (Physalia physalis) deur sy kleiner blasie (ses duim in vergelyking met twaalf) en het 'n enkele lang tentakel. P. utriculus verskyn gereeld in swerms.

In teenstelling met sy voorkoms is die bloublasie nie 'n gewone jellievis nie, maar 'n sifonofoor, wat nie 'n enkele organisme is nie, maar 'n kolonie van klein gespesialiseerde enkelinge wat zoïede genoem word. Hierdie zoïede is aanmekaar verbind en geïntegreerd sodat hulle nie onafhanklik kan bestaan nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne