![]() | ||
Bob Hewitt in 1967 | ||
Volle naam | Robert Anthony John Hewitt | |
---|---|---|
Land | ![]() ![]() | |
Woonplek | Oos-Kaap, Suid-Afrika | |
Geboortedatum | 12 Januarie 1940 | |
Geboorteplek | Dubbo, Nieu-Suid-Wallis, Australië | |
Lengte | 1,91 m | |
Begin professioneel | 1970 (amateur-toer vanaf 1958) | |
Afgetree | 1983 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou) | |
Loopbaan-wengeld | $613 837 | |
Int. Tennisheldesaal | 1992 (opgeskort in 2012) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 243–170 (Ope-tydperk) | |
Loopbaantitels | 7 | |
Hoogste rang | No. 6 (1967, Lance Tingay)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | HE (1960, 1962, 1963) | |
Franse Ope | 4R (1961, 1963, 1964, 1965, 1967) | |
Wimbledon | KE (1962, 1964, 1966) | |
VSA-Ope | KE (1967) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | RR (1972) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 481–124 | |
Loopbaantitels | 65 | |
Australiese Ope | W (1963, 1964) | |
Franse Ope | W (1972) | |
Wimbledon | W (1962, 1964, 1967, 1972, 1978) | |
VSA-Ope | W (1977) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 6 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | W (1961) | |
Franse Ope | W (1970, 1979) | |
Wimbledon | W (1977, 1979) | |
VSA-Ope | W (1979) |
Robert Anthony John "Bob" Hewitt (gebore 12 Januarie 1940 in Dubbo (NSW), Australië) is 'n voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het in 1967 Suid-Afrikaanse burgerskap verkry nadat hy met 'n Suid-Afrikaner getroud is.[2]
Hewitt se grootste prestasie is die titels wat hy tydens die Grand Slam-toernooie inpalm het, beide in die mans- en gemengde-dubbelspel (Amerikaanse Ope, Wimbledon, Australiese Ope en Franse Ope).[2] Hy het ook 'n groot aandeel in die Davisbekertitel wat Suid-Afrika in 1974 gewen het gehad (die enigste tot dusver). Die oorwinning was omstrede, omdat Indië die eindstryd geboikot het.
Oor sy loopbaan het hy 7 titels in enkelspel en 65 in die dubbelspel gewen.[2] In 1967 is hy as die 6de beste speler deur Lance Tingay van The Daily Telegraph geag.[1] Hy is in 1992 in die Internasionale Tennisheldesaal vereer, maar hy word in November 2012 daaruit geskors na bewerings en ondersoeke rakende seksuele wangedrag teenoor die studente wat hy afgerig het.
Hewitt is op 18 Mei 2015 (op 75-jarige ouderdom) in Pretoria tot 6 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding in sy jonger lewe skuldig bevind is.[3][4]
Hewitt is in April 2020 op parool vrygelaat. Hewitt het drie jaar, ses maande en 22 dae van sy ses jaar vonnis uitgedien.[5]