Boegoe | |
---|---|
Agathosma betulina | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. betulina
|
Binomiale naam | |
Agathosma betulina |
Boegoe (Agathosma betulina) is 'n Suid-Afrikaanse plant met medisinale eienskappe. Dit was histories as medikasie vir die urienweg en wonde gebruik. Dit word ook as geurmiddel vir tee, lekkergoed en selfs drank (dink byvoorbeeld aan boegoebrandewyn) aangewend.
Die Hollanders het dit van die San of die Khoi leer ken. In die VOC se tyd was dit al in Europa bekend, maar dit was baie duur en net ryk mense kon dit gebruik.