Boeing B-50 Superfortress

B-50 Superfortress
'n Boeing B-50D, Lucky Lady II
Tipe Strategiese bomwerper
Vervaardiger Boeing
Nooiensvlug 25 June 1947
Vrygestel 1948
Onttrek Maart 1965
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag
Vervaardig 1947–1953
Aantal gebou 370
Eenheidskoste VS $1,144,296 teen huige dollarwaarde)[1]
Ontwikkel van Boeing B-29 Superfortress
Weergawes Boeing C-97 Stratofreighter

Die Boeing B-50 Superfortress strategiese bomwerper is 'n na-Tweede Wêreldoorlogse hersiening van die Boeing B-29 Superfortress, toegerus met kragtiger Pratt & Whitney R-4360 radiale enjins, 'n sterker struktuur, 'n langer stertvin, en ander verbeterings. Dit was die laaste suierenjin-bomwerper deur Boeing ontwerp en gebou vir die Amerikaanse Lugmag. Dit is nie so goed bekend as sy direkte voorganger nie, maar die B-50 was vir byna 20 jaar in die Amerikaanse Lugmag se diens.

Na hul primêre diens met die Strategiese Lugkommandement geëindig het, is B-50 vliegtuie omgebou na lugtenkers vir die Taktiese Lugkommandement (KB-50), en as weerverkenningsvliegtuig (WB-50) vir die Lugmag se weerdiens. Beide die tenker- en orkaanjagterweergawes is in Maart 1965 uit diens onttrek weens metaalmoegheid, en roes is ook gevind aan die wrak van KB-50J 48-065, wat op 14 Oktober 1964 neergestort het.

  1. Knaack 1988, p. 174.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne