Boek van Grotte

Die vyfde divisie: ’n toneel uit die grafkelder van Ramses V/VI (KV9, kamer E, regtermuur).

Die Boek van Grotte is ’n belangrike Antieke Egiptiese boek oor die onderwêreld wat uit die Nuwe Ryk dateer.[1] Soos ander soortgelyke boeke word dit ook aangetref in die grafkelders van farao's sodat hulle voordeel daaruit kan trek. Dit beskryf die reis van die songod, Ra, deur die ses grotte van die Doeat (onderwêreld) en fokus op die interaksie tussen die songod en die bewoners van die Doeat, insluitende belonings vir die regverdiges en straf vir die vyande van die wêreldorde. Dit is een van die beste bronne oor die Egiptiese idee van die hel.[2]

Die Boek van Grotte het in die 13de eeu v.C. ontstaan.[3] Die oudste bekende weergawe is op die linkermuur van die Osireion in Abydos.[1] Later verskyn dit in die grafkelder van Ramses IV in die Vallei van die Konings.

  1. 1,0 1,1 Hornung (1999) p.83
  2. Ellison, The Book of Caverns
  3. Werning (2011), vol. I, ch. V.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne