Boesmanrotskuns (ook Boesmantekeninge of Boesmanskilderye) is 'n tipe rotskuns. Dit is tekeninge wat die Boesmans op rotse in Suid-Afrika, Namibië en Botswana aangebring het. Die kunswerke is gewoonlik uitbeeldings van diere of jagtonele. Die tekeninge is vol beweging en word op plekke waar rituele plaasgevind het gevind. Die figure is gestileerd en verteenwoordig lewende vorms.
Die Boesmanrotskuns in die Drakensberg Nasionale Park in Suid-Afrika is ongeveer 3 000 jaar oud. Die rotskuns is deur Boesmans wat ongeveer 8 000 jaar gelede in die gebied gevestig het geskilder. Dit beeld meestal diere en mense uit.[1]
Die rotskuns in die Apollo 11-grot in Namibië dateer terug tot 23 000–25 000 v.C.[2]