Boet Erasmus-stadion

OPRU-stadion
Oorblyfsels van die OPRU-stadion in 2016

Volle naam Oostelike Provinsie Rugbyunie-stadion
Ligging La Rocherylaan, Somerstrand, Gqeberha
Koördinate 33°58′55″S 25°38′22″O / 33.98194°S 25.63944°O / -33.98194; 25.63944
Eienaar Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit
Operateur Oostelike Provinsie Rugbyunie
Kapasiteit 33 852
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gesluit 2010
Huurders
Magtige Olifante (Curriebeker) (1959–2010)
Bay United (PSL/Nasionale Eerste Afdeling) (2008–2010)

Die Boet Erasmus-stadion, later bekend as die OPRU-stadion, is 'n vervalle stadion in Somerstrand, Gqeberha, Suid-Afrika. Die stadion het 'n kapasiteit van 33 852 toeskouers gehad. Dit is na Boet Erasmus, 'n voormalige burgemeester van Port Elizabeth, genoem.

'n Suid-Afrikaanse Klas 15AR 1842 by die Boet Erasmus-stadion

Die stadion is meestal vir rugbywedstryde gebruik, maar is ook vir sokker ingespan. "OPRU" staan vir "Oostelike Provinsie Rugbyunie", so genoem na die Magtige Olifante (Oostelike Provinsie) wat die stadion vir Curriebeker-wedstryde gebruik het.

Die stadion was die beoogde tuisveld van die Southern Spears, wat in 2006 aan die Curriebeker sou deelneem om vir die Superrugby van 2007 voor te berei. Die Southern Spears is egter nie in een van hierdie kompetisies toegelaat nie.

Die stadion is in Julie 2010 amptelik gesluit. Die Oostelike Provinsie Rugbyunie het alle wedstryde na die nuwer en moderner Nelson Mandelabaaistadion verskuif. Die laaste wedstryd wat op die veld gespeel is, was 'n vriendskaplike wedstryd teen die Blou Bulle op 3 Julie 2010.[1]

Ná die sluiting is die stadion steeds vir amateur- en klubrugby aangewend, maar dit is ook later laat vaar. Rondlopers en diewe het die stadion stadig maar seker afgetakel. Slegs die strukture van beton het staande gebly. Die stadion se eienaar, die plaaslike munisipaliteit, het die privaatsektor vir voorstelle genader om die grond te herontwikkel.[2]

  1. "So sad. Boet Erasmus in ruin" (in Engels). The Herald. 7 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Julie 2016.
  2. Foster, Grant (15 November). "Former EP Rugby home in ruins". SA Promo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne