Bora Bora | |
---|---|
’n Nasa-foto van Bora Bora en sy lagune | |
Geografie
| |
Ligging | Stille Oseaan |
Koördinate | 16°29′40″S 151°44′11″W / 16.49444°S 151.73639°W |
Argipel | Geselskapseilande
|
Oppervlakte | 30,55 vk km |
Hoogste punt | Berg Otemanu 727 m |
Administrasie | |
Frankryk | |
Oorsese gebied | Frans-Polinesië
|
Grootste stad | Vaitape (4 927)
|
Demografie | |
Bevolking | 10 605 (soos op 2017)
|
Bora Bora is ’n eiland in die groep Benedewindse Eilande (Îles Sous-le-Vent) van die Geselskapseilande in Frans-Polinesië in die Stille Oseaan. Dit beslaan ’n gebied van sowat 30 km².
Die eiland, sowat 230 km noordwes van Papeete, word omring deur ’n lagune en koraalrif. In die middel van die eiland is die oorblyfsels van ’n uitgewerkte vulkaan wat twee pieke vorm: Berg Pahia en Berg Otemanu (op 727 m die hoogste punt).
Bora Bora is ’n groot toeristebestemming en bekend vir sy wateromringde luukse-oorde.[1][2] Die grootste nedersetting, Vaitape, is aan die eiland se westekant geleë. Die belangrikste produkte word uit die see en van die talryke palmbome vervaardig. Volgens 'n 2017-sensusberaming het die eiland 10 605 bewoners.