Algemeen | |
---|---|
Naam | Bottersuur |
Sistematiese naam | Butanoësuur |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | C4H8O2 |
Molêre massa | 88.1 g/mol [1] |
CAS-nommer | 107-92-6 [1] |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof |
Reuk | ransig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -7,9 °C [1] |
Kookpunt | 163,5 °C [1] |
Digtheid | 0,96 g/cm3 [1] |
Mengbaarheid | water[2] |
Oplosbaarheid | |
Dampdruk | 0,001 Torr (25 °C)[2] |
Henry se konstante | 5,35 x 10-7 atm.m3/mol (25 °C)[2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 4.82[2] |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Bottersuur of butanoësuur is 'n karboksielsuur met die chemiese struktuurformule CH3CH2CH2-COOH, bevattende vier koolstofatome. Die afgeleide soute en esters heet butirate. Bottersuur is ontdek deur Adolf Lieben en Antonio Rossi in 1869.[1] 'n Deel van melkvet (ongeveer 4%) bestaan uit 'n trigliseried van bottersuur. Bottersuur word egter ook in die derm gevorm veral uit dieetvesel. Daar is aanduidings dat bottersuur beskerming teen kanker bied, maar dit is nie duidelik of dit ongeag die bron die geval is nie. Die bottersuur uit melk of botter sal nooit die derm bereik nie. Dit word opgeneem en in die lewer gemetaboliseer.[3]