Boulton Paul Defiant | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig, nagvegter |
Vervaardiger | Boulton Paul Aircraft |
Ontwerp deur | John Dudley North |
Nooiensvlug | 11 Augustus 1937 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Koninklike Kanadese Lugmag Koninklike Australiese Lugmag |
Aantal gebou | 1,064 |
Die Boulton Paul Defiant was 'n tweesitplek, eenmotorige, vegvliegtuig wat die Britse Lugmag gebruik het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was die eerste vegvliegtuig wat met vier masjiengewere toegerus was waaroor die Britse Lugmag beskik het. Die vliegtuig se masjiengewere was egter almal in 'n skiettoring agter die stuurkajuit en het agtertoe gewys, die vliegtuig het oor geen masjiengewere beskik wat vorentoe wys nie.