Brahui براهوئی | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Pakistan Afghanistan Iran Turkmenistan | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 2,4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Drawidies Noord-Drawidies Brahui | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet (Nastaliq) Latynse alfabet | |
Taalbedreigingstatus | ||
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | brh
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Brahui (براهوئی) is 'n Drawidiese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense in Pakistan, Afghanistan, Iran en Turkmenistan gepraat word. Dit is geïsoleer van die naaste Drawidies-sprekende buurbevolking van Suid-Indië deur 'n afstand van meer as 1 500 kilometer (930 myl). Brahui is die belangrikste van die Noord-Drawidiese tale en is verwant aan Malto en Kurukh, die twee noordelikste Drawidiese tale van Indië. Brahui word met die Arabiese alfabet (Nastaliq) of met die Latynse alfabet geskryf. Quetta vorm die belangrikste sentrum van Brahuisprekendes in Pakistan. Brahui toon 'n sterk invloed deur aangrensende, maar nie verwante Irannese tale, waaronder veral Beloetsji.[2]