Bram Fischer | |
---|---|
Gebore | Abraham Fischer 23 April 1908 |
Sterf | 8 Mei 1975 Bloemfontein |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Advokaat |
Bekend vir | Verdediging van Nelson Mandela |
Politieke party | Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party |
Eggenoot | Susanna Johanna (Molly) Krige |
Kinders | Seun en twee dogters |
Ouer(s) | Percy Ulrich Fischer Ella Fichardt |
Abraham Fischer, algemeen bekend as Bram Fischer (23 April 1908, Bloemfontein - 8 Mei 1975, Bloemfontein), was ’n Suid-Afrikaanse advokaat en kommunis van Afrikaanse afkoms. Fisher het bekendheid verwerf as anti-apartheidsaktivis en was deel van Nelson Mandela se regspan in die Rivonia-verhoor. Die Bram Fischer Internasionale Lughawe is op 13 Desember 2012 na hom vernoem.