Brie | ||
![]() | ||
Oorsprong | Brie-streek, ![]() | |
Melkbron | Koeie | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Volgens wet in die VSA en Australië; selde in Europa | |
Tekstuur | Sag | |
Vorm | Wiel | |
Veroudering | Sowat 5-6 weke |
Brie is ’n sagte kaas van koeimelk wat genoem is na die Brie-streek in Frankryk, waar dit ontstaan het (min of meer die moderne département Seine-et-Marne). Dit het ’n vaal kleur met ’n effens grys skynsel onder ’n buitelaag van wit skimmel. Die buitelaag word gewoonlik geëet; die smaak hang grootliks af van die bestanddele wat gebruik is en die omgewing waarin dit vervaardig is.