Die Britse Ope is die belangrikste Britse gholftoernooi. Dit word elke jaar in ’n ander deel van Brittanje gehou.[1] Die "Ope" in die naam beteken dat beide amateur- en beroepspelers mag deelneem.
Die Britse Ope is die oudste van die vier groot gholfkampioenskappe vir mans. Die geleentheid word jaarliks deur The R&A geadministreer en by een van verskeie gesogte gholfklubs in die Verenigde Koninkryk aangebied. Dit word tans in die middel van Julie gespeel, ná die VSA Ope, maar voor die PGA-kampioenskap (as die 3de van die 4 Grand Slam-gholftoernooie).