Britse Eilande

Britse Eilande
Inheemse naam: British Isles (Engels)
Éire agus an Bhreatain Mhór
of Oileáin Iarthair Eorpa (Iers-Gaelies)
Ny h-Ellanyn Goaldagh (Manx-Gaelies)
Eileanan Bhreatainn (Skots-Gaelies)
Ynysoedd Prydain (Wallies)
Îles Britanniques (Frans)
Ligging van die Britse Eilande in Wes- en Noord-Europa
Ligging van die Britse Eilande in Wes- en Noord-Europa
Geografie

Ligging Wes-Europa en Noord-Europa
Koördinate 54°N 04°W / 54°N 4°W / 54; -4

Totale eilande 6 000+
Hoofeilande Groot-Brittanje en Ierland
Oppervlakte 315 134 vk km
Hoogste punt Ben Nevis 1 344 m
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Britse Kroongebiede Jersey, Guernsey, Eiland Man

Hoofstad Londen
Grootste stad Londen (8 174 100)
Elizabeth II Elizabeth II
Vlag van Republiek Ierland Republiek van Ierland
Hoofstad Dublin
Grootste stad Dublin (525 483)
Michael D. Higgins Michael D. Higgins

Demografie
Bevolking ~68 miljoen

Bevolkingsgroepe Britte, Engelse, Iere, Manx, Skotte, Walliesers
Nasa-Satellietbeeld van die Britse Eilande
Kaart van die Britse Eilande

Die term Britse Eilande (Engels: British Isles, Iers-Gaelies: Éire agus an Bhreatain Mhór of Oileáin Iarthair Eorpa, Manx-Gaelies: Ny h-Ellanyn Goaldagh, Skots-Gaelies: Eileanan Bhreatainn, Wallies: Ynysoedd Prydain, Frans: Îles Britanniques) is die algemene naam vir die argipel, wat in die noordweste van Europa tussen die Atlantiese Oseaan en die Noordsee geleë is. Die eilandgroep sluit Groot-Brittanje, Ierland, die Hebride, Shetland, Orkney, Anglesey en die Eiland Man in die Ierse See in, benewens die Eiland Wight in die Engelse Kanaal, die Scilly-eilande in die Keltiese See en soms ook die Kanaaleilande voor die kus van Frankryk, maar nié die Faroëreilande tussen Skotland en Ysland nie.[1]

Die term Britse Eilande beskik uit politiese, historiese en kulturele oorwegings 'n lae selektiwiteit. Enersyds is die affiliasie van Ierland polities omstrede, alhoewel dit geografies deel van die argipel uitmaak. Die Kanaaleilande in die Engelse Kanaal, wat geografies tot die Europese vasteland behoort, word daarenteen polities by die Britse Eilande gereken.

Die geskiedenis van die term Britse Eilande dui daarop dat dit van die antieke pretaniese eilande afgelei is, alhoewel dit geen spesifieke vlotheid geniet het nie. Die herinvoering van die term is met die territoriale ekspansionisme van die Engelse en Britse kroon geassosieer.

Met Ierland, en sonder die Kanaaleilande, omvat die argipel sowat 6 000 eilande en 'n oppervlakte van 315 134 km².

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne