Brokeback Mountain | |
---|---|
Regisseur | Ang Lee |
Produksieleier | Diana Ossana James Schamus |
Draaiboek | Larry McMurtry Diana Ossana |
Met | Heath Ledger Jake Gyllenhaal Anne Hathaway Michelle Williams |
Musiek deur | Gustavo Santaolalla |
Kinematografie | Rodrigo Prieto |
Redigeerder | Geraldine Peroni Dylan Tichenor |
Ateljee | River Road Entertainment |
Verspreider | Focus Features |
Uitgereik | 2005 |
Speeltyd | 134 min. |
Land | VSA, Kanada |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Brokeback Mountain is ’n Amerikaanse romantiese dramarolprent van 2005 wat deur Ang Lee geregisseer is. Dit is geskoei op die 1997-kortverhaal met dieselfde naam deur Annie Proulx. Heath Ledger, Jake Gyllenhaal, Anne Hathaway en Michelle Williams is van die akteurs. Die verhaal gaan oor ’n ingewikkelde emosionele en seksuele verhouding tussen Ledger en Gyllenhaal se karakters in die Weste van 1963 tot 1983.[1]
Brokeback Mountain het goeie resensies gekry en was ’n kommersiële sukses. Dit het verskeie pryse gewen, onder meer die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees en ’n paar Golden Globes. Dit is vir agt Oscars benoem, die meeste op die 78ste Oscar-toekenningsaand, en het drie gewen.