Bronkhorstspruit | |
---|---|
Stroomgebied | Gauteng en Mpumalanga, Suid-Afrika |
Monding | Wilgerivier naby Bronkhorstspruit |
Lengte | 140 km |
Monding-hoogte | 1306 m |
Koördinate: 25°48′30″S 28°51′10″O / 25.80833°S 28.85278°O |
Die Bronkhorstspruit is 'n rivier in Mpumalanga en Gauteng, Suid-Afrika. Dit is 'n takrivier van die Wilgerivier in die Olifantsrivierbekken,[1] wat ook sy naam aan die dorp Bronkhorstspruit verleen. Die naam is blykbaar afkomstig van "bronkors" of "bronkhorst", die Afrikaanse naam vir Nasturtium officinale.[2]