Bruno Walter | |
---|---|
![]() Bruno Walter in Wene, 1912 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Bruno Schlesinger |
Gebore | 15 September, 1876 Berlyn |
Sterf | 17 Februarie 1962 (op 85) Beverly Hills, Kalifornië |
Genres | Klassiek, Romantiek |
Beroep(e) | Dirigent, komponis, pianis |
Bruno Walter (gebore as Bruno Schlesinger, 15 September 1876 – 17 Februarie 1962) was 'n Duits-Oostenrykse dirigent, pianis en komponis van Joodse afkoms. Hy is in Berlyn gebore, maar het in 1933 uit Duitsland gevlug ten einde die Derde Ryk van Hitler te ontvlug. Hy is in 1938 as 'n Franse burger genaturaliseer, waarna hy hom in 1939 in die VSA gevestig het.
Hy het nou saamgewerk met Gustav Mahler, wie se musiek hy in die repertoire help vestig het. Hy het noemenswaardige poste by onder andere die Leipzig Gewandhaus Orkes, New York Filharmoniese Orkes, Koninklike Concertgebouw Simfonieorkes, Salzburgse Fees, Weense Staatsopera, Beiere Staatsopera, Staatsoper Unter den Linden en die Deutsche Oper Berlin gehou, en het opnames van geskiedkundige en artistiese belang gemaak. Hy word wyd beskou as een van die grootste en beste dirigente van die 20ste eeu.