Brunstad Christian Church

Die stigter Johan O. Smith (1871-1943).

Brunstad Christian Church, ook Smith se Vriende of Den Kristelige Menighet (in Noorweë), is ’n wêreldwye Christelike vereniging wat in die vroeë 20ste eeu in die Noorse provinsie Vestfold gestig is. Die onafhanklike kerkvereniging het sy oorsprong in Charismatiese tradisies soos die Pinksterbeweging, alhoewel dit in baie opsigte daarvan verskil.

Brunstad Christian Church is oorspronklik na sy stigter Johan O. Smith vernoem en het as Smith se Vriende bekend gestaan. Vandag is dit 'n georganiseerde gemeente met 'n amptelike lys van geregistreerde lede wat na hulself as Brunstad Christian Church verwys.

Smith se Vriende is die enigste wêreldwye Christelike gemeenskap wat in Noorweë ontstaan het.[1] Volgens die DCG se eie statistieke het die Gemeente vandag 30 000 vaste lede wat oor 65 lande versprei is.[2] Smith se vriende het drie gemeentes in Suid-Afrika: In Vanderbijlpark, Pretoria en Kaapstad.

  1. VG – God ryke friendeNoors
  2. DKMs offisiele nommers Geargiveer 25 Februarie 2015 op Wayback Machine – Brunstad.org Besoek op 16 Januarie 2008 – Noors

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne