Brusselse Hoofstedelike Gewes (Brussels Hoofdstedelijk Gewest / Région de Bruxelles-Capitale) | |
---|---|
Vlag |
Wapen |
Algemene inligting | |
Land: | België |
Amptelike tale: | Nederlands, Frans |
Hoofstad: | Brussel / Bruxelles |
Oppervlakte: | 162,42 km² [1] |
ISO 3166-2: | BE-BRU |
Amptelike webwerf: | Webwerf van die Brusselse Hoofstedelike Gewes |
Bevolking | |
Bevolking (totaal): | 1 241 175 (1 Januarie 2023) [2] |
Bevolkingsdigtheid: | 7 642/km² |
Instellings | |
Federasie: | 1993 |
Regeringsvorm: | Parlementêre demokrasie |
Eerste Minister: | Rudi Vervoort (PS) |
Volkslied: | / |
Ligging | |
Vlaamse Gewes Waalse Gewes Brusselse Hoofstedelike Gewes | |
Vlaamse Gemeenskap Franse Gemeenskap Duitstalige Gemeenskap |
Die Brusselse Hoofstedelike Gewes of die Gewes Brussel-Hoofstad (Nederlands: Brussels Hoofdstedelijk Gewest, Frans: Région de Bruxelles-Capitale, Duits: Region Brüssel-Hauptstadt) is een van die drie Belgiese geweste. Die gewes het 'n bevolking van meer as 1.2 miljoen (2023) en 'n oppervlakte van 162 km². Die hoofstad is Brussel. Die amptelike tale is Frans en Nederlands. Die gewes het nie provinsies nie en word omgewe deur die provinsie Vlaams-Brabant van die Vlaamse Gewes.
In die suidooste van die Brusselse Hoofstedelike Gewes lê die Zoniënwoud (Frans: Forêt de Soignes), 'n uitgestrekte en oue bos.[3]