Bryn Terfel | |
---|---|
Terfel in September 2010 | |
Gebore | Bryn Terfel Jones 9 November 1965 Pant Glas, Caernarfonshire, Wallis |
Beroep | Operasanger (bas-bariton) |
Eggenoot | Lesley Jones (trou 1987; egskeiding 2013) Hannah Stone (trou 2019) |
Kinders | 4 |
Bryn Terfel Jones (Wallies: ˈbrɨn ˈtɛrvɛl; gebore op 9 November 1965) (op professionele vlak bekend as Bryn Terfel, welke naam hy aangeneem het ten einde verwarring te voorkom met 'n ander Walliese baritonsanger, Delme Bryn-Jones) is 'n Walliese bas-bariton opera- en konsertsanger. Hy is gebore in Pant Glas, Caernarfonshire, Wallis as die seun van 'n boer. Sy eerste taal is Wallies.[1] Terfel is aanvanklik geassosieer met die operarolle van Mozart, veral Die Huwelik van Figaro, Leporello en Don Giovanni, maar het hierna gefokus op swaarder rolle, veral dié deur Puccini en Wagner.[2]