Buca di Beppo | |
Tipe | Filiaalmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1993 |
Hoofkantoor | Orlando, Florida, Verenigde State |
Liggings | 6 (2006)[1] |
Sleutelpersone | Robert Earl (Voorsitter) |
Industrie | Restaurante |
Produkte | Italiaanse restaurante |
Werknemers | 1 500[2] |
Moedermaatskappy | Planet Hollywood |
Webwerf | bucadibeppo.com |
Totale eienaarsbelang: $8,8 miljoen |
Buca di Beppo is 'n Amerikaanse restaurant-ketting wat op Italiaans-Amerikaanse familiekos fokus. Die ketting se eerste eetplek is in 1993 in die kelder van 'n woonstelgebou in Minneapolis gevestig – vandaar die naam wat in die Toskaanse dialek van Italiaans na 'n kelder verwys. Die onderneming het sy hoofkwartier tans in Orlando, Florida.
Naas 86 restaurante in die Verenigde State in besit van Buca, Inc. (wat op sy beurt in September 2008 deur Planet Hollywood oorgeneem is) is daar ook vyf konsessie-eetplekke in die Verenigde Koninkryk. Volgens die onderneming se webtuiste word wêreldwyd meer as honderd restaurante onder die handelsmerk bedryf.[3]