Buffalo Bill

Buffalo Bill
Gebore
William Frederick Cody

26 Februarie 1846
Le Claire, Scott County, Iowa
Sterf10 Januarie 1917
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepVerkenner, jagter, akteur
Bekend virWild West Show
EggenootLouisa Frederici
Kinders4
Ouer(s)Isaac Cody
Mary Ann Bosnell Laycock Cody
Handtekening

Buffalo Bill (1846–1917) was 'n kleurvolle figuur uit die Amerikaanse Wilde Weste. Hy was ’n verkenner vir die Amerikaanse Weermag en ’n bisonjagter. Nadat hy die weermag verlaat het, het hy die “Wild West Show” begin waarin hy (saam met mense soos Annie Oakley en Sitting Bull) sy slag met skiet en perdry gewys het. Die doel was om mense ’n kykie in die lewens van mense in die weste van Amerika te gee. Buffalo Bill se regte naam was William Frederick Cody.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne