Die Deutsche Bundesbank is die sentrale bank van Duitsland en een van die magtigste lede van die Europese Stelsel van Sentrale Banke (ESCB).[1] Die Bundesbank of "Buba", soos die bank kortweg genoem word, is in Frankfurt am Main gesetel. Naas sy hoofkwartier het die bank 9 streekgebonde hoofkwartiere (die voormalige sentrale banke van die deelstate) en 47 filiale. Die Bundesbank het 10 308 werknemers (2014).[2]