Buret

Skets van 'n moderne buret

'n Buret is 'n vertikale silindriese stuk glastoerusting wat in laboratoria gebruik word om bekende hoeveelhede van 'n vloeibare reagens af te meet in eksperimente of analises waar presisie benodig word, soos in die geval van 'n titrasie. Die buret het 'n volumetriese skaal daarop uitgemerk oor sy volle lengte met 'n klep aan die onderkant wat akkurate beheer van die vloei moontlik maak. Burette is uiters akkuraat - 'n 50 cm3 buret het 'n toleransie van 0,1 cm3 (Klas B) of 0,06 cm3 (Klas A).

Die hoeveelheid afgemeet word bepaal deur die verskil tussen die begin- en eindlesings.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne