Burt Lancaster | |
Burt Lancaster in Desert Fury (1947)
| |
Geboortenaam | Burton Stephen Lancaster |
---|---|
Geboorte | 2 November 1913 New York, VSA |
Sterfte | 20 Oktober 1994 Los Angeles, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, vervaardiger |
Rolprente | Vera Cruz (1954) Elmer Gantry (1960) The Birdman of Alcatraz (1962) Atlantic City (1980) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Burt Lancaster (2 November 1913 – 20 Oktober 1994) was ’n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy atletiese bou, blou oë en besonderse glimlag (wat hy die "Die Grynslag" genoem het). Nadat hy aanvanklik die rolle van "sterk ouens" vertolk het, het hy in die laat 1950's sy "tipiese Amerikaanse beeld" laat vaar ten gunste van ingewikkelder en uitdagender rolle. Dit het hom die reputasie besorg as een van die beste akteurs van sy generasie.
Lancaster is vier keer vir Oscars benoem en het die toekenning een keer gewen vir sy rol in 1960 in Elmer Gantry. Hy het ook ’n Golden Globe vir dié rol gewen en Bafta-toekennings vir Birdman of Alcatraz (1962) en Atlantic City (1980). Sy vervaardigingsmaatskappy was die suksesvolste onafhanklike ateljee in die 1950's in Hollywood en het rolprente gemaak soos Marty (1955), Trapeze (1956) en Sweet Smell of Success (1957).
In 1999 het die American Film Institute hom 19de geplaas onder die grootste akteurs van alle tye.[1]