Butch Cassidy and the Sundance Kid | |
---|---|
Regisseur | George Roy Hill |
Produksieleier | John Foreman |
Draaiboek | William Goldman |
Met | Paul Newman Robert Redford Katharine Ross |
Musiek deur | Burt Bacharach |
Kinematografie | Conrad L. Hall |
Redigeerder | John C. Howard Richard C. Meyer |
Ateljee | 20th Century Fox |
Uitgereik | 24 September 1969 |
Speeltyd | 110 minute |
Land | Verenigde State van Amerika |
Taal | Engels, Spaans |
Begroting | $ 6 miljoen[1] |
Bruto wins | $102,3 miljoen (Noord-Amerika)[2] |
IMDb-profiel |
Butch Cassidy and the Sundance Kid is ’n Amerikaanse rolprent wat in 1969 gemaak is met Robert Redford en Paul Newman in die hoofrolle. Dit handel oor twee struikrowers van Wyoming wat gejag word en na Boliwië vlug om van die gereg te ontsnap, maar uiteindelik in ’n oor-en-weer-skietery sterf.[3]
Hierdie fliek is losweg op die ware verhaal van die twee titelkarakters (Butch Cassidy en sy vriend, Harry Longabaugh, ook "Sundance" genoem) gebaseer. Hulle was, saam met ander lede van die "Wild Bunch"-bende, vir langste reeks trein- en bankrooftogte in Amerika verantwoordelik. Die fliek het die legende van hierdie twee karakters selfs meer gewild gemaak.
Die film het vier Oscar-pryse gewen: vir Beste Kinematografie, Beste Oorspronklike Musiek, Beste Liedjie (Burt Bacharach se "Raindrops Keep Fallin' on My Head") en die Beste Oorspronklike Draaiboek (William Goldman). Dit is ook genomineer vir Beste Prent, Beste Direkteur (Hill) en Beste Klank. Goldman het die BAFTA-prys vir Beste Draaiboek gewen.
Dit was een van die grootste films van die 1960's, wat 102,3 miljoen dollar in die Verenigde State verdien het. Dit is as nommer 49 op die die Amerikaanse Filminstituut se rolprentlys, 100 Years... 100 Movies, gelys.