Bybelgordel

Gebiede waar Christen-regsgesinde Staatkundig Gereformeerde Partij ’n aansienlike hoeveelheid stemme in 2010 verwerf het, wat amper ooreenstem met die Bybelgordel.

Die Bybelgordel (Nederlands: Bijbelgordel) is die naam (gebaseer op die Bible Belt van die Verenigde State) wat gegee word aan ’n strook land in Nederland wat gekenmerk word deur 'n hoë konsentrasie Protestante. Die Bybelgordel strek van Seeland en Goeree-Overflakkee, regdeur die Alblasserwaard, Wes-Betuwe en Veluwe tot by die noordelike dele van die Overijssel-provinsie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne