Byekorf-sterreswerm | ||||
![]() | ||||
Die Byekorf-sterreswerm is van die Aarde af net-net met die blote oog sigbaar. | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Kreef | |||
Messier-naam | Messier 44 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 40,4m | |||
Deklinasie | +19º 41' | |||
Skynmagnitude | 3,7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 577 | |||
Ouderdom (jaar) | ~600-700 miljoen | |||
Skynbare grootte | 95′ | |||
Aantal sterre | 350 | |||
Rooiverskuiwing | 112 x 10-6 | |||
Massa | ~500-600 M☉ | |||
Ander name | NGC 2632, Praesepe | |||
|
Die Byekorf-sterreswerm (ook bekend as Messier 44 en NGC 2632) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Kreef. Dit is ook bekend onder die naam Praesepe (Latyn vir "krip") en is een van die naaste oop sterreswerms aan die Aarde.
Die sterreswerm het meer sterre as die meeste ander nabygeleë swerms en kan met die blote oog as ’n newelagtige voorwerp gesien word. Dit is reeds sedert Klassieke tye bekend; die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus het dit genoem "die newelagtige massa in die bors van die Kreef" en dit was een van die eerste voorwerpe wat Galileo met sy teleskoop bestudeer het.[1]
Die swerm se ouderdom en eiebeweging stem ooreen met dié van die oop sterreswerm Hiades, wat daarop dui dat hulle dieselfde oorsprong het.[2][3] Albei swerms bevat rooireuse en witdwerge, wat latere stadiums van ster-evolusie verteenwoordig, asook hoofreekssterre van spektraaltipe A, F, G, K en M.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)