Byvreters | |
---|---|
Europese byvreters (Merops apiaster) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Meropidae Rafinesque, 1815
|
Genera | |
Byvreters (Meropidae) is 'n familie van voëls in die orde Coraciiformes. Die familie omvat 26 spesies wat in drie genera ingedeel is.[1]
Byevreters is voëls wat tot die familie Meropidae behoort. Hulle is almal insekvreters wat hul prooi vang terwyl hulle rondvlieg, of wat vanaf ’n uitkykpos soos telefoondrade blitsvinnig op hul prooi afpyl as hulle verbyvlieg. Kenmerkend van die byevreters is hul besonder helder en opvallende kleure, effens geboë snawels en lang, gepunte vlerke. Hul manier van vlieg herinner baie aan die van die swaeltjie. Die byevreters se verspreidingsgebied is beperk tot die tropiese en subtropiese dele, hoewel hulle ook al in gematigde lugstreke gesien is.
So is die Europese byevreter, die Merops apiaster, wat oral in Suider-Afrika voorkom, ook al as "besoekers" aan Nederland, België en Engeland bekend. Hulle het ook al daar gebroei. Die byevreters leef hoofsaaklik van bye, perdebye en ander insekte. Hulle grawe hul neste in sand- en grondwalle. Hulle lê spierwit eiers in die grondwal in ’n smal tonnel, wat tot 2 m lank kan wees.