![]() Komeet Lovejoy, soos op 21 Desember 2011 afgeneem deur Dan Burbank aan boord van die Internasionale Ruimtestasie. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Terry Lovejoy |
Ontdekkingsdatum: | 27 November 2011 |
Alternatiewe name: | C/2011 W3 Groot komeet van 2011 |
Wenteleienskappe | |
Epog: | Juliaanse dag 2455901,5 (6 Desember 2011) |
Afelium: | 157,36±0,50 AE |
Perihelium: | 0,00555 AE |
Lengteas: | 78,68±0,25 AE |
Eksentrisiteit: | 0,99993 |
Wentelperiode: | ~622 jaar[1] |
Maks. wentelspoed: | 565 km/s |
Baanhelling: | 134,36±0,002 ° |
Laaste perihelium: | 16 Desember 2011 |
Volgende perihelium (voorspel): | c. 2633?[1] |
Komeet Lovejoy, amptelik C/2011 W3 (Lovejoy), is 'n langperiodekomeet en Kreutz-sonskeerder. Dit is in November 2011 deur die Australiese amateursterrekundige Terry Lovejoy ontdek. Met die komeet se perihelium op 16 Desember 2011 het dit deur die Son se korona beweeg. Dit het daarna weer verskyn, hoewel dit grootliks deur die gebeurtenis beïnvloed is.
Toe komeet Lovejoy op die 16de herdenking van die lansering van die sterrewag SOHO aangekondig is, het dit bekend geword as die "Groot Verjaardagkomeet van 2011". Omdat dit oor die Kerstyd van die Aarde af sigbaar was, is dit ook die "Groot Kerskomeet van 2011" genoem.[2][3] Lovejoy is terugwerkend die Groot komeet van 2011 gedoop.[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named horizons
<ref>
tag; no text was provided for refs named sungrazer-c1
<ref>
tag; no text was provided for refs named pcmag20111227