COBRA (of CoBrA) was 'n Europese avant-garde kunsbeweging wat vanaf 1948 tot 1951 aktief was. Die naam is in 1948 deur Christian Dotremont uitgedink. Die naam is afkomstig van die afkortings van die lede se tuisstede: Kopenhagen (Co), Brussel (Br) en Amsterdam (A).