Candice Bergen

Candice Bergen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bergen in 1993 by die Emmys.

Geboortenaam Candice Patricia Bergen
Geboorte 9 Mei 1946 (1946-05-09) (78 jaar oud)
Beverly Hills, Kalifornië, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaanse
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1965-tans
Bergen in 1988 by die Oscars.

Candice Patricia Bergen (gebore op 9 Mei 1946) is ’n Amerikaanse aktrise en voormalige model. Sy het vyf Emmys en twee Golden Globes gewen vir haar rol as die titelkarakter in 10 seisoene van die sitkom Murphy Brown (1988–'98). Sy is ook bekend vir haar rol as Shirley Schmidt in die TV-drama Boston Legal (2005–'08). Sy is vir ’n Oscar as beste vroulike byspeler benoem vir Starting Over (1979) en vir ’n Bafta vir Gandhi (1982), waarin sy die rol van die fotograaf Margaret Bourke-White vertolk het.[1]

  1. BAFTA (1983). "BAFTA Awards Database (Supporting Actress 1982)". British Academy of Film and Television Arts. Besoek op 1 September 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne