![]()
| ||
Datum | 3-18 Mei 1961 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 31 in kompetisie 27 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Joy of Living (Che gioia vivere) | |
Palme d'Or | The Long Absence (Une aussi longue absence) en Viridiana |
Die 14de Cannes-rolprentfees is van 3-18 Mei 1961 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan The Long Absence (Une aussi longue absence) deur Henri Colpi en Viridiana deur Luis Buñuel.[2] Die fees is geopen met The Joy of Living (Che gioia vivere) deur René Clément. Die Franse skrywer Jean Giono was die president van die jurie.
Shirley Clarke se debuutprent, The Connection, is ook op die fees vertoon danksy die inspanning van die Association Française de la Critique de Cinéma. Die prent se sukses het tot gevolg gehad dat die fees die volgende jaar die International Critics' Week gestig het.[3]