![]()
| ||
Datum | 3-18 Mei 1970 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 25 in kompetisie 12 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Things of Life (Les Choses de la vie) | |
Afsluitingsfliek | The Ball of Count Orgel (Le Bal du Comte d'Orgel) | |
Palme d'Or | M*A*S*H |
Die 23ste Cannes-rolprentfees is van 3-18 Mei 1970 in Cannes, Frankryk, gehou. In dié jaar het Robert Favre LeBret, die stigter van die fees, besluit om nie enige prente van Rusland en Japan in te sluit nie, want hy was moeg vir "Slawiese spektakels en Japannese samoeraiflieks".[1][2] Die Russe het hul jurielid onttrek en daar was dus net agt lede op die paneel.
Die Palme d'Or is toegeken aan M*A*S*H deur Robert Altman.[3][4] Die fees is geopen met The Things of Life (Les Choses de la vie) deur Claude Sautet en afgesluit met The Ball of Count Orgel (Le Bal du Comte d'Orgel) deur Marc Allégret.[5][6] Die Nobelprys vir Letterkunde-wenner Miguel Ángel Asturias was die president van die jurie. Hy was destyds die ambassadeur van Guatemala in Frankryk.