Cannes-rolprentfees 1971
| ||
Datum | 12-27 Mei 1971 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 25 in kompetisie 15 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Gimme Shelter | |
Afsluitingsfliek | The Married Couple of the Year Two (Les mariés de l'an II) | |
Palme d'Or | The Go-Between |
Die 24ste Cannes-rolprentfees is van 12-27 Mei 1971 in Cannes, Frankryk, gehou. Die fees het hulde gebring aan Charlie Chaplin en aan hom die titel "kommandeur van die nasionale orde van die erelegioen" toegeken.[1][2] Die Palme d'Or is toegeken aan The Go-Between deur Joseph Losey.[3][4]
Die fees is geopen met Gimme Shelter – ’n dokumentêr oor die rockmusiekgroep The Rolling Stones deur David Maysles, Albert Maysles en Charlotte Zwerin – en afgesluit met The Married Couple of the Year Two (Les mariés de l'an II) deur Jean-Paul Rappeneau.[5][6] Die Franse aktrise Michèle Morgan was die president van die jurie.