![]()
| ||
Datum | 10-25 Mei 1973 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 24 in kompetisie 7 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Godspell | |
Afsluitingsfliek | Lady Sings the Blues | |
Palme d'Or | The Hireling Scarecrow |
Die 26ste Cannes-rolprentfees is van 10-25 Mei 1973 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Hireling deur Alan Bridges en Scarecrow deur Jerry Schatzberg.[1]
Die fees is geopen met Godspell deur David Greene[2][3] en afgesluit met Lady Sings the Blues deur Sidney J. Furie.[4] Die Sweedse aktrise Ingrid Bergman was die president van die jurie.
In dié jaar het Swastika, ’n dokumentêr deur Philippe Mora oor Adolf Hitler se daaglikse en sosiale lewe, negatiewe reaksie ontlok[5] en het The Holy Mountain deur Alejandro Jodorowsky omstredenheid veroorsaak weens die uitbeelding van uiterse geweld.[6]