Cannes-rolprentfees 1976

  Cannes-rolprentfees 1976 

Datum 13-28 Mei 1976
Plek Cannes, Frankryk
Getal prente  20 in kompetisie
10 kortprente
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  That's Entertainment, Part II
Afsluitingsfliek  Family Plot
Palme d'Or  Taxi Driver

Die 29ste Cannes-rolprentfees is van 13-28 Mei 1976 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Taxi Driver deur Martin Scorsese.[1]

Die fees is geopen met That's Entertainment, Part II deur Gene Kelly[2][3] en afgesluit met Family Plot deur Alfred Hitchcock.[4] Die Amerikaanse dramaturg Tennessee Williams was die president van die jurie.

In 1976 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "L'Air du temps", ingestel wat op kontemporêre sake gefokus het. Saam met "Les Yeux fertiles" van die vorige jaar en "Le Passé composé" van die volgende jaar het dit in 1978 die afdeling "Un Certain Regard" gevorm.[5][6]

  1. "29ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 4 Junie 2017.
  2. Peter Levinson. "Puttin' On the Ritz: Fred Astaire and the Fine Art of Panache". books.google.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2017. Besoek op 14 Julie 2017.
  3. "The opening films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
  4. "The closing films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
  5. "1976 - Les Affranchis (Goodfellas)". cannes-fest.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 4 Junie 2017.
  6. "Festival de Cannes: Les différentes catégories de sélections". francofolies.over-blog.es (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 14 Julie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne