![]()
| ||
Datum | 9-23 Mei 1980 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 23 (In Kompetisie) 14 (Un Certain Regard) 12 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Fantastica | |
Afsluitingsfliek | I'm Photogenic | |
Palme d'Or | All That Jazz, Kagemusha |
Die 33ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 9-23 Mei 1980 gehou. Die Amerikaanse akteur en regisseur Kirk Douglas was die voorsitter van die jurie. Altesaam 49 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Amerikaanse rolprent All That Jazz van die regisseur Bob Fosse en die Japannese Kagemusha van Akira Kurosawa het saam die Palme d'Or gewen.[1][2][3] Die fees is geopen met die regisseur Gilles Carle se Fantastica en afgesluit met I'm Photogenic (Sono fotogenico) van die regisseur Dino Risi.[4][5] Die vertoning van Andrei Tarkovsky se Stalker is onderbreek deur ’n staking deur elektrisiëns.[6]