Die 39ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-19 Mei1986 gehou. Die Amerikaanse regisseur en vervaardiger Sydney Pollack was die voorsitter van die jurie. Altesaam 52 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Britse rolprent The Mission van die regisseur Roland Joffé het die Palme d'Or gewen.[1][2][3][4] Die fees is geopen met Roman Polanski se Pirates en afgesluit met El Amor brujo van Carlos Saura.[5][6][7]