Cannes-rolprentfees 1993
| ||
Datum | 13-24 Mei 1993 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Jeanne Moreau | |
Getal prente | 23 (In Kompetisie) 25 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | My Favorite Season | |
Afsluitingsfliek | Toxic Affair | |
Palme d'Or | Farewell My Concubine |
Die 46ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 1993 gehou. Die Franse regisseur en vervaardiger Louis Malle was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise, sangeres en regisseur Jeanne Moreau het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 58 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die rolprente Farewell My Concubine (Ba wang bie ji) van die regisseur Chen Kaige en The Piano van Jane Campion het die Palme d'Or gedeel.[1][2] Die fees is geopen met André Téchiné se My Favorite Season en afgesluit met Toxic Affair van Philomène Esposito.[3][4][5]