Cannes-rolprentfees 2001
| ||
Datum | 14-25 Mei 2001 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Charlotte Rampling | |
Getal prente | 23 (In Kompetisie) 24 (Un Certain Regard) 12 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Moulin Rouge! | |
Afsluitingsfliek | Savage Souls | |
Palme d'Or | The Son's Room |
Die 54ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2001 gehou. Die Noorweegse aktrise en regisseur Liv Ullmann was die voorsitter van die jurie en die Britse aktrise Charlotte Rampling het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 59 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Italiaanse rolprent The Son's Room, met Nanni Moretti as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Baz Luhrmann se Moulin Rouge![3] en afgesluit met Savage Souls (Les âmes fortes) van Raúl Ruiz.[4]