Die 64ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei2011 gehou.[1] Die Amerikaanse akteur Robert de Niro was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Mélanie Laurent het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die Amerikaanse rolprent The Tree of Life, met Terrence Malick as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Midnight in Paris[5][6] en afgesluit met The Beloved van Christophe Honoré. Die openingsfliek van die Un Certain Regard-afdeling was Gus van Sant se Restless. Die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci het ’n ere-Palme d'Or ontvang.[7]