![]()
| ||
Datum | 16-27 Mei 2012 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Bérénice Bejo | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Moonrise Kingdom | |
Afsluitingsfliek | Thérèse Desqueyroux | |
Palme d'Or | Amour |
Die 65ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 16-27 Mei 2012 gehou.[1][2] Die Italiaanse regisseur Nanni Moretti was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[3] Die Franse aktrise Bérénice Bejo het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 52 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die Franse rolprent Blue Is the Warmest Colour het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Wes Anderson se Moonrise Kingdom en afgesluit met Thérèse Desqueyroux, die laaste fliek van wyle Claude Miller.[5] Die amptelike plakkaat het ’n foto van Marilyn Monroe opgehad vir die 50ste herdenking van haar dood.[6]