Cannes-rolprentfees 2019
Datum
14 -25 Mei 2019
Plek
Cannes , Frankryk
Aanbieder
Édouard Baer
Getal prente
21 (In Kompetisie) 18 (Un Certain Regard) 11 (kortflieks)
Webtuiste
Cannes-rolprentfees
Belangrike prente
Openingsfliek
The Dead Don't Die
Afsluitingsfliek
The Specials
Palme d'Or
Parasite
Die 72ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14 -25 Mei 2019 in Cannes , Frankryk , gehou.[ 1] Die Mexikaanse rolprentmaker Alejandro González Iñárritu was die president van die jurie.[ 2] [ 3] Die Suid-Koreaanse prent Parasite , waarvan Bong Joon-ho die regisseur was, het die Palme d'Or gewen; Bong was die eerste Koreaanse regisseur wat die prys wen.[ 4]
Die fees is geopen met die Amerikaanse regisseur Jim Jarmusch se zombiekomedie The Dead Don't Die [ 5] en is afgesluit met Olivier Nakache en Éric Toledano se The Specials . Hulde is gebring aan die Franse rolprentmaker Agnès Varda, wat in Maart 2019 oorlede is, en sy het op die fees se amptelike plakkaat verskyn.[ 6] Die foto is geneem tydens die verfilming van haar debuutprent, La Pointe Courte (1955), wat later op die Cannes-rolprentfees vertoon is.[ 7]
↑ Richford, Rhonda (9 Julie 2018). "Cannes Film Festival Unveils 2019 Dates" . The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2019. Besoek op 9 Julie 2018 .
↑ "Alejandro González Iñárritu Jury President of the Festival de Cannes 2019" (in Engels). 27 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 27 Februarie 2019 .
↑ Goodfellow, Melanie. "Cannes 2019: who's in the running?" . Screen . Besoek op 14 Maart 2019 .
↑ "Bong Joon-ho's Parasite wins Palme d'Or at Cannes film festival" . The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 26 Mei 2019 .
↑ "Jim Jarmusch's Zombie Movie 'The Dead Don't Die' to Open Cannes" . Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2019. Besoek op 10 April 2019 .
↑ "Cannes Film Festival unveils its official 2019 poster" . Film Industry Network. 15 April 2019.
↑ "Cannes: Festival Pays Tribute To The Late Agnès Varda With New Poster" . https://deadline.com/2019/04/cannes-film-festival-poster-agnes-varda-1202595848/ . Besoek op 16 April 2019 .