Die 66ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 15-26 Mei2013 gehou.[1] Die regisseur Steven Spielberg was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2] Die Franse aktrise Audrey Tautou was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie.[3] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die Franse rolprent Blue Is the Warmest Colour het die Palme d'Or gewen. In ’n buitengewone stap het die jurie, in oorleg met die regisseur, besluit om die prys aan die prent se twee hoofaktrises, Adèle Exarchopoulos en Léa Seydoux, toe te ken.[4][5] Die fees is geopen met Baz Luhrmann se The Great Gatsby[6][7] en afgesluit met Zulu van Jérôme Salle.[8][9]